Follow on Facebook

 

Daaglikse Woord

Nuwe Dag

Gedig deur:  Marilyn Groep - This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Die dag begin  met  n bree glimlag , tikkie van tevredenheid en  gelukkigheid
weg  is al die wereld ,sy komplikasies en  onderdukkenheid
Weg met satan want hy het geen hemel vir jou
Hy wil jou in probleme dompel en jou lewe oorheers met rou
Hy bind jou met  ellende en misnoë
Kort voor lank sit jy in n hoek, geheel en al bewoë
Omdat hy jou op mens gemaakte bronne laat staatmaak
Kom tot beseffing van God se genesing en wees altyd op jou hoede en waak
Jy vergeet van Ons  Hemelse Vader en Sy bonatuurlike eienskappe
Hy wat aan die kruis gesterf het vir my en jou, kom ons bring dit op die lappe
Met Jesus  geniet jy die getjirp van  voëls, die kinders se gejubel en klets en die speelse lag
dis asof daar n nuwe atmosfeer jou omsingel, ai dis net  wonderlike God met al Sy  glorie en mag
HY  is werklik n God van nabyheid
Altyd op  die regte plek, op die regte tyd
Dankbaar vir die genade van die Allerhoogste Heer

 

Die definisie van Karakter is volgens HAT:  “Geestelike of sedelike aard of inbors;  al die eienskappe wat een persoon anders maak as die ander”   

Hoe word goeie karakter verkry?

2 Korintiërs 4:17-18  “Want ons ligte verdrukking wat vir ’n oomblik is, bewerk vir ons ’n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;  omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.”

Helen Keller het gesê:  “Karakter ontwikkel nie in rustige en gemaklike tye nie.  Alleen deur ervaring en swaarkry kan die siel versterk word, inspirasie verkry word en kan ‘n mens sukses behaal.”

Daar is heelwat ander maniere waarop goeie karakter gebou word, maar moeilike tye is deel van die vorming van my karakter.

Hoewel niemand swaarkry geniet of waardeer nie, is dit by die terugkyk na die situasie of omstandighede dat ek kan waardeer dat ek gegroei het en ‘n beter mens geword het.

Gebed:  Heilige God, werk in my dat ek te midde van my moeilike omstandighede en swaarkry ervaar dat U genade my nader trek na U.