Woorde van my Mond
Skrywer: Magda van Rhyn
MAG DIE WOORDE VAN MY MOND VIR U ‘N OFFER WEES!!
Wat kom by ons monde uit? Spreek ek woorde wat my Vader behaag of spreek ek woorde wat Hom Sy kop van my af laat wegdraai?
Lees bietjie wat sê Jakobus is die derde hoofstuk vanaf vers 9. Hy praat van die “tong”.
Vers 9: “Daarmee loof ons God en die Vader EN daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.”
Vers 10: “Uit dieselfde mond kom seen en vervloeking. Dit, my broeders (en susters) behoort nie so te wees nie.
Hy sê verder in vers 11: “’n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie.”
Die woorde wat by my mond uitkom kan ‘n mede broer of suster kwes OF stig. Jy sê dalk, maar ek het nog nooit iemand vervloek nie! Dis reg, jy kan trots wees op jouself.
Wat kom by jou mond uit as ‘n taxi voor jou indraai? Seën jy hom of……moenie sleg voel nie, ek ook nie!!!
Wat kom by jou mond uit as jou huishulp jou eetstel se borde vol “tjips” kap teen die krane!! Wel, …. Jy hoef nie te antwoord nie. Ek kry omtrent ‘n beroerte!
MAAR as ons nou mooi gaan dink, wat verwag Jesus van ons? Hou in gedagte:…. Ons is Sy bloedgewaste kinders, duur gekoop! So sê ons!
Ek luister weer na die woorde van die liedjie en ek dink, “Here, vergewe my, want die woorde wat by my mond uitkom, is nie altyd ‘n offer aan U nie!”